Die dekaan van die Militêre Akademie in historiese perspektief

Authors

  • Koos, Pieter & Deon Kotze,Kapp & Visser

Abstract

Die Suid-Afrikaanse Militêre Akademie vier met die eeuwending in 2000 sy halfeeufees. Die aanstelling, taak en posisie van die Dekaan van die instelling, sedert 1961 die Fakulteit Krygskunde van die Universiteit van Stellenbosch, het die afgelope 50 jaar betekenisvolle veranderinge ondergaan, veranderinge wat teweeggebring is deur die behoeftes van die Weermag as "kliënt" van die Akademie, die Akademie se eie, interne behoeftes as akademiese instelling, asook algemene ontwikkelinge in hoër onderwys in Suid-Afrika. 'n Sleutelvraagstuk deur die jare was hoe om militêre behoeftes en universitêre vereistes by die Militere Akademie met mekaar te versoen : Moes die Dekaan as akademiese hoof van dié instelling in die eerste plek akademikus of militêr wees? Of, moes die ampte van Dekaan en Bevelvoerder in een pos saamgevoeg word?

Downloads

Published

2021-06-16

Issue

Section

Articles

How to Cite