Die Suid-Afrikaanse geskiedenis in vergelykende perspektief - 'n metodologiese ondersoek

Authors

  • Pieter De Klerk

Abstract

Daar het vanaf die sestigerjare 'n hele aantal wetenskaplike studies verskyn waarin aspekte van die Suid-Afrikaanse geskiedenis met die geskiedenis van ander lande vergelyk word. L. Hartz se The founding of new societies was 'n baanbrekerswerk waarin daar historiese vergelyking tussen Suid-Afrika, die Verenigde State van Amerika, Kanada, die Latyns-Amerikaanse lande, Australië en Nieu-Seeland gedoen is. In die tagtiger- en negentigerjare het die getal vergelykende studies heelwat toegeneem. Vergelykinge ten opsigte van die Amerikaanse en die Suid-Afrikaanse geskiedenis is veral gewild, soos blyk uit die werke van Boucher, Fredrickson, Lamar & Thompson, Cell, Gump, Beinart & Coates en Marx.

Downloads

Published

2021-06-16

Issue

Section

Articles

How to Cite

Die Suid-Afrikaanse geskiedenis in vergelykende perspektief - ’n metodologiese ondersoek. (2021). Historia, 44(2). https://upjournals.up.ac.za/index.php/historia/article/view/2016