Die glans van die verlede : besprekingsartikel

Authors

  • Pieter Kapp

Abstract

Dit was Jean Jacques Rousseau wat gesê het dat hy dinge wat voor sy oë afspeel, nie kan sien nie. Hy kan net die dinge sien wat as herinneringe in sy gees werksaam is. Hierdie woorde word weer by 'n mens wakker gemaak wanneer jy onder die beset kom van die intellektuele aktiwiteite op die gebied van die historiografie in die Lae Lande en Duitsland. 'n Mens hoef maar tydskrifte soos Theoretische Geschiedenis, Historisch Nieuwsblad en Feit en Fictie onder oë te neem om dit te besef. Die glans van die verlede verdof nie, dit word trouens teenwoordig weer helderder in die lig geplaas. Die interessante debatte oor die struktuur van die geskiedenis, die narratiewe vorm en die doel en funksie van geskiedenis weerspieël hierdie glans.

Downloads

Published

2021-06-16

Issue

Section

Articles