Die grondwetlike posisie van die Rehoboth-Basters van Suidwes-Afrika (Namibië) onder militêre bestuur

Authors

  • G.J.J. Oosthuizen

Keywords:

G.J.J. Oosthuizen, Departement Geskiedenis, Potchefstroomse Universiteit, Duitse administrasie, Suidwes-Afrika, Militêre Bestuursperiode, Rehoboth-Gebiet, Basterraad, D. W. Drew, Historia 40(1), J.L. van Zyl, Cornelius van Wyk

Abstract

English

The Constitutional position of the Rehoboth-Basters of South West Africa (Namibia) under military rule, 1915-1920 During the Period of Military Control (1915-1920) the problem of how to organize the management of the Rehoboth Gebiet was not addressed purposefully by the South African government. General Smuts was of the opinion that the Rehoboth Gebiet should be administered just like any other district of South-West Africa, and that the notion that the Basters were a semi-independent community should be done away with. Botha did not share this view, but was of the opinion that the constitutional status as conferred by the Germans should be maintained. Confronted by a petition from the Basters in this regard, the first extended managemental arrangements with regard to the Rehoboth Gebiet were activated in July 1916. Through that arrangement the Baster Council partly regained the status which it had held during the German government. The striving for independence of the Basters really got momentum during the August 1917 visit of D.W. Drew. Inspired by Drew, the Baster leaders vainly sought to take the initiative in the arrangement of their constitutional position by insisting on protectorate status for the Gebiet. Baster-South African relations during the initial years of the mandate following the First World War were marked by delicate constitutional negotiations. In spite of opposition the Baster Council accepted a constitutional agreement in August 1923.

 

 

Afrikaans

Met die Vrede van Khorab (9 Julie 1915) is die Duitse administrasie in Suidwes-Afrika formeel beëindig. Tydens die Militêre Bestuursperiode (1915-1920) is die probleem van hoe om die bestuur van die Reboboth-Gebiet in te rig nie daadwerklik deur die Suid-Afrikaanse Regering aangepak nie. Aan die een kant was generaal Smuts van oordeel dat die Reboboth-Gebiet net soos enige ander distrik van Suidwes-Afrika geadministreer moes word en dat weggedoen moes word met die idee dat die Basters 'n semi-onafhanklike gemeenskap is. Aan die ander kant is die siening van Smuts nie deur Botha gedeel nie, daar hy van oordeel was dat die grondwetlike status soos erken deur die Duitsers, gehandbaaf moes bly. Gekonfronteer deur 'n beswaarskrif van die Basters in die verband, is die eerste uitgebreide bestuursreëelings rakende die Reboboth-Gebiet in Julie 1916 in werking gestel. Daardeur het die Basterraad van sy status wat dit gedurende die Duitse bewind geniet het, herwin. Die onafhanklikheidstrewe van die Reboboth-Basters het eers met die Augustus 1917-besoek van D.W. Drew werklik momentum gekry. Geïnspireer deur Drew, het die Basterleiers tevergeefs gepoog om die inisiatief te neem in die reëling van hulle grondwetlike posisie deur op protektoraatstatus vir die Rehoboth-Gebiet aan te dring. Baster-Suid-Afrikaanse betrekkinge tydens die aanvangsjare van mandaatbestuur na die Eerste Wêreldoorlog is gekenmerk deur delikate grondwetlike onderhandelinge. Ondanks opposisie uit Bastergeledere het die Basterrraad uiteindelik in Augustus 1923 'n grondwetlike ooreenkoms aanvaar.

Downloads

Published

2021-06-16

Issue

Section

Articles

How to Cite

Die grondwetlike posisie van die Rehoboth-Basters van Suidwes-Afrika (Namibië) onder militêre bestuur. (2021). Historia, 40(1), 108-121. https://upjournals.up.ac.za/index.php/historia/article/view/1925