Die Pietermaritzburgse debat en letterkundige vereniging, 1908-1918
Keywords:
P.J.J. Prinsloo, Afrikanerkultuur, Letterkundige Vereniging, Pietermaritzburg, Christelike Jongeliedevereniging, Voortrekkermuseumkomitee, Afrikanergemeenskap, Nederduitse Gereformeerde, E.G. Jansen, Milnerisme, NatalAbstract
English
The Pietermaritzburg Debate and Literary Society, 1908-1918 During the period before cinemas commercialised entertaining, debating societies had fulfilled an important social function. In addition, the debating society members, through their involvement, improved their communication skills, reinforced their love for language and increased their knowledge regarding literature, poetry and history. These pleasant gatherings actually became the informal mediums for cultivating the Afrikaner culture in Natal. Virtually all achievements in the field of the Afrikaner culture originated from debating and youth societies. In this article, this development is linked to the cultural environment in Natal and the broader cultural movement in the Afrikaner community at a macro-level. At micro-level, the review of the activities of the Pietermaritzburg Debating and Literary Society presents a cultural image of the trials and tribulations which arose from the monthly activities of this society.
Afrikaans
In die tydperk voordat bioskope vermaak gekommersialiseer het, het debatsverenigings 'n belangrike sosiale funksie vervul. Op die koop toe het die debatsverenigingslede deur hierdie betrokkenheid hul kommunikasie vaardighede verbeter, hul taalliefde versterk, asook hul kennis aangaande die letterkunde, die digkuns en die geskiedenis verruim. Hierdie verenigings is daarom ook as die leke se universiteit bestempel. Hierdie gesellige byeenkomste het in der waarheid die informele kweekplekke van die Afrikanerkultuur in Natal geword. Bykans alle prestasies op die Afrikanerkultuur gebied in Natal het hul oorsprong in debats- en jongeliedeverenigings gehad. In die artikel word hierdie ontwikkeling op 'n makrovlak aan die kultuurmilieu in Natal en die breër kulturele beweging in Afrikanergeledere gekoppel. Op mikrovlak bied hierdie oorsig van die werksaamhede van die Pietermaritzburgse Debat en Letterkundige Vereniging 'n kultuurbeeld van die lief en leed wat uit hierdie vereniging se maandelikse bedrywighede gerekonstrueer is.