Waardevolle eietydse insigte uit diep historiese perspektief. A history of South Africa, Frank Welsh

Authors

  • Johann Tempelhoff

Abstract

Die waarde van kontemporêre monografiese studies oor die geskiedenis van Suid-Afrika is dat veral die meer onlangse geskiedenis binne ‘n sterk gefundeerde historiese konteks geplaas word. Die historikus wat begrip het vir wat in die versonke verlede plaasgevind het, is dikwels die een wat die fynerenuanses van die hede met ‘n groot mate van empatie kan interpreteer. So ver dit A history of South Africa van Frank Welsh betref, is dit duidelik dat sy treksel van die hede op ‘n goeie insig omtrent die verlede gebaseer is. Die werk is om verskeie redes interessant. In die geheel adem dit ‘n kosmopolitiese atmosfeer. Daar is pittige beskrywings met heelwat feitelike gegewens wat op ‘n uitsonderlike manier aangebied word. Dit trek die aandag en maak die teks leesbaar. Welsh, die skrywer van ‘n sewetal boeke waarvan die voorlaaste ‘n geskiedenis van Hong Kong was, is duidelik ‘n bedrewe woordkunstenaar. Daarby het hy in sy beroepslewe as internasionale sakeman en bankier baie ervaring opge doen. Die insigte wat hy in A history of South Africa weergee, is duidelik die resultaat van kennis oor die wyse waarop die internasionale ekonomiese stelsel funksioneer.

Downloads

Published

2021-06-16

Issue

Section

Book Reviews

How to Cite

Waardevolle eietydse insigte uit diep historiese perspektief. A history of South Africa, Frank Welsh . (2021). Historia, 45(1). https://upjournals.up.ac.za/index.php/historia/article/view/1875