Waardevolle werk oor legendariese Namibiese leier Dirk Mudge : Reënmaker van die Namib, A. van Wyk

Authors

  • Gerhard Oosthuizen

Abstract

Dirk Mudge se naam is onlosmaaklik verbind aan die konstitusionele vrywordingsproses van Namibië en dit is heel gepas dat ‘n biografie met die fokus op sy konstitusionele rol die lig gesien het. Mudge is ‘n leiersfiguur wat in Namibië agting oor alle kleurgrens lyne afgedwing het. Dit kan ook met sekerheid gekonstateer word dat die suksesvolle instelling van ‘n volwaardige demokrasie in Namibië bygedra het om die konstitusionele kragte in Suid-Afrika in dié rigting te aktiveer. Elkeen van die elf hoofstukke is voorsien van ‘n treffende opskrif wat dadelik die verbeelding van die leser prikkel. Hoofstuk een begin op ‘n dramatiese noot met een van die verskeie uitvalle tussen Dirk Mudge en die Suid-Afrikaanse eerste minister P.W. Botha op 19 November 1982. Trouens die manipulerende houding van Suid-Afrika teenoor Dirk Mudge en ander politici van Namibië is een van die sentrale boodskappe van die boek. Dit word op ‘n behendige wyse deur die skrywer oopgevlek.

Downloads

Published

2021-06-16

Issue

Section

Book Reviews

How to Cite

Waardevolle werk oor legendariese Namibiese leier Dirk Mudge : Reënmaker van die Namib, A. van Wyk . (2021). Historia, 45(1). https://upjournals.up.ac.za/index.php/historia/article/view/1873