Film as medium om geskiedenis te verstaan

Authors

  • Prof. Julie Parle

Abstract

Bewegende film is vir die eerste keer in die Europese somer van 1895 deur Auguste en Louis Lumière inFrankryk geprojekteer. In die twintigste eeu het hierdie medium daartoe aanleiding gegee dat realiteit as fiksie uit die eksklusiewe ruim van die alfabatiese leesfunksie na die leesruim van oudio-visuele voorstelling oorgegaan het. Geskiedenis as menslike denkfunksie is onteenseglik daardeur geraak. In die eerste plek is historiese gebeure vir toekomstige geslagte op film vasgelê. Tweedens, het film die geleentheid geskep vir geskiedenis om in simbiotiese wisselwerking tussen geskiedenis-as-wetenskap en geskiedenis-as-(fiksionele)-kunsuitdrukking gestalte aante neem. Wanneer gelet word op die erns waar mee film makers geskiedenis benader,is dit noodsaaklik vir historici om oor die essensie en verantwoordbaarheid van historiese waarheid te besin. Opsigself kan die soeke na “waarheid” ‘n nuwe inhoud aan werklikheidsbesef gee, want, verklaar die pragmatiese filosoof, Richard Rorty: The trouble with aiming at truth is that you would not know when you had reached it, even if you had in fact reached it.

Downloads

Published

2021-06-16

Issue

Section

Editorial