Breë veld van SA geskiedenis bondig bespreek. A concise history of South Africa, Robert Ross : book review

Authors

  • Louis Grundlingh

Abstract

Soutpansberg handel.1Dorpsmense van die Soutpansberg moes nogtans in baie opsigte ook nuut vanuit die grond nagevors en saamgestel word. Tempelhoff het hierdie publikasie in opdrag van die Oorgangsraad van die Groter Louis Trichardt saamgestel. Die probleeminherent aan ‘n opdragpublikasie, naamlik dat die opdraggewer ten alle koste tevrede gestel en nie geaffronteer moet word nie, word deur Tempelhoff vermy. Sy werk is deurgaans krities en verantwoord. Die indeling van hoofstukke volg ‘n natuurlike chronologiese gang en neem ‘n aanvang met “‘n prehistoriese verkenning van die Soutpansbergse omgewing”. Dit trap nie in die strik van om óf enersyds net aan plaaslike politiek óf andersyds om te swaar op net die blanke te fokus nie. In hierdie opsig streef die werk na ‘n totale benadering. Sosio-ekonomiese en ander dimensies word byvoorbeeld deeglik in ag geneem en die rol van swartmense word baie meer prominent as in vorige werke aangedui.

Downloads

Published

2021-06-16

Issue

Section

Book Reviews

How to Cite

Breë veld van SA geskiedenis bondig bespreek. A concise history of South Africa, Robert Ross : book review. (2021). Historia, 45(2). https://upjournals.up.ac.za/index.php/historia/article/view/1823