Nuttige naslaanwerk keurig uitgevoer

Authors

  • P De Klerk

Abstract

Atlasse en kaarte is vir ‘n baie belangrike hulpmiddel vir die historikus. Onderwysers en -dosente maak feitlik voortdurend van kaarte gebruik wanneer hulle geskiedenislesse aanbied. Verder bevat ‘n baie groot persentasie historiese werke en artikels kaarte ter verduideliking van die teks. Hoewel daar in die loop van die twintigste eeu verskeie geskiedenisatlasse van Suid-Afrika verskyn het, was hulle nie baie omvattend nie en hoofsaaklik op skoolgebruik gerig. Die atlas wat verlede jaar onder redaksie van J.S. Bergh verskyn het, vul dus ‘n leemte wat reeds lank deur historici aangevoel is. Dit is bedoel as ‘n eerste fase van ‘n projek om ‘n uitgebreide geskiedenisatlas van Suid-Afrika op te stel.

Downloads

Published

2021-06-16

Issue

Section

Book Reviews