Die Universiteit van Pretoria se Departement Geskiedenis, ’n Afrikaanse Stem uit die Noorde

Authors

  • Louis A. Changuion

Keywords:

University of Pretoria, Transvaal University College, History Department, Leo Fouché, I.D. Bosman, A.N. Pelzer, F.J. du T. Spies, F.A. van Jaarsveld, J.S. Bergh, curriculum, Universiteit van Pretoria, Transvaalse Universiteitskollege, Departement Geskiedenis, kurrikulum

Abstract

Afrikaans

Die Transvaalse Universiteitskollege (TUK) se Departement Geskiedenis is in 1908 as een van die stigtersdepartemente van die Kollege op die been gebring. Onderrig aan die Kollege het in die vroeë jare in Engels plaasgevind – ’n posisie wat geleidelik verander het en op die Afrikaanswording van die universiteit in die dertigerjare uitgeloop het. Hierdie uitsluitlik Afrikaanse doseerbeleid het voortbestaan tot en met die vroeë negentigerjare van die twintigste eeu toe die Departement, in lyn met ’n hoofbestuursbesluit, ’n volkome tweetalige beleid op beide voor- en nagraadse vlak aangeneem het. Hier word, met behulp van soveel eerstehandse argivale bronne as moontlik, gefokus op die ontstaansgeskiedenis van die Departement Geskiedenis aan die TUK en sy ontwikkeling as ’n mikrokosmiese weerspieëling van die ontwikkeling van die organisasie as ’n geheel. Om die ontwikkeling te illustreër, word daar gefokus op die opvolging van die departementshoofde en hulle onderskeie bydraes tot die doseer en uitbeelding van geskiedenis as dissipline. Verder word die kursusinhoude en wisselende studentegetalle ook aangeraak. 

 

 

 

English

Department of History, University of Pretoria – The Afrikaans Voice from the North

The Transvaal University College’s (TUC) Department of History was established in 1908 as one of the founding departments of the College. In its early years, lecturing at the College was done exclusively in English – a position that gradually changed and led to it becoming an Afrikaans institution in the 1930s. The Afrikaans-only policy of education existed until the early nineties of the twentieth century, when the History Department adopted a fully bilingual policy on both pre- and postgraduate levels, in line with a top management decision. In this article the focus falls, by means of as many firsthand archival sources as possible, on the history of the establishment of the Department of History at the TUC, and its development as a microcosmic reflection of the development of the institution as a whole. To illustrate this development, the succession of the heads of the History Department will be examined, as well as their respective contributions to the lecturing and portrayal of History as a discipline. The contents of the courses and the varying numbers of students will also be discussed. 

Downloads

Published

2021-06-14

Issue

Section

Articles

How to Cite

Die Universiteit van Pretoria se Departement Geskiedenis, ’n Afrikaanse Stem uit die Noorde . (2021). Historia, 49(2). https://upjournals.up.ac.za/index.php/historia/article/view/1676