South African Diplomats in Australia, 1949-1961
Keywords:
South Africa, Australia, diplomatic relations, SA High Commissioners, 1949-1961, Canberra, Robert Menzies, P.R. Viljoen, G.C. Nel, J.K. Uys, A.M. Hamilton, “Information Scandal”, Suid-Afrika, Australië, diplomatieke verhoudings, SA Hoë Kommissarisse, “Inligtingskandaal”Abstract
English
Focusing on the South African High Commissioners to Australia from the time the High Commission was opened in 1949 until 1961, when South Africa left the Commonwealth, this article tries to say something about the sort of person who once represented the country abroad, what some of them did in a given historical context, and indirectly, something about their employer, the Department of External Affairs, as it was called during the period covered. The article also touches on an early manifestation of the 1970s feud between the Departments of Foreign Affairs and Information, which ended only when the former absorbed the latter as an outcome of the so-called “Information Scandal” that so beguiled political and public opinion in South Africa in the latter part of that decade.
Afrikaans
Suid-Afrikaanse diplomate in Australië, 1949-1961
Deur te fokus op die Suid-Afrikaanse Hoë Kommissarisse in Australië vanaf die opening van die Hoë Kommissariaat in 1949 tot 1961, toe Suid-Afrika die Britse Statebond verlaat het, poog hierdie artikel om meer te onthul omtrent die tipe persoon wat die land eens in die buiteland verteenwoordig het, wat sommige van hulle in ’n gegewe historiese konteks bereik het, en op indirekte wyse ook meer omtrent hulle werkgewer, die Departement van Eksterne Sake, soos dit gedurende die bespreekte periode bekend gestaan het. Die artikel maak ook melding van ’n vroeë uitbarsting van die vete wat in die 1970’s tussen die Departemente van Buitelandse Sake en Inligting geheers het. Hierdie onenigheid het eers tot ’n einde gekom toe laasgenoemde Departement in eersgenoemde opgeneem is as ’n gevolg van die sogenaamde “Inligtingskandaal”, wat die politieke en openbare mening in Suid-Afrika so intens gedurende die laaste gedeelte van dié dekade beïnvloed het.