Suid-Afrika binne Wêreldhistoriese Konteks – ’n Ondersoek na Oorsigwerke oor die Suid-Afrikaanse Geskiedenis

Authors

  • Pieter de Klerk

Keywords:

Suid-Afrikaanse geskiedenis, historiese oorsigwerke, wêreldgeskiedenis, Europese geskiedenis, Afrikageskiedenis, Eurosentrisme, Afrosentrisme, South African history, general historical surveys, world history, European history, African history, Eurocentrism, Afrocentrism

Abstract

Afrikaans

Sedert die begin van die twintigste eeu het ’n groot aantal oorsigwerke oor die Suid-Afrikaanse geskiedenis verskyn. Alhoewel baie gebeure en ontwikkelinge in Suid-Afrika net binne ’n wêreldhistoriese konteks verstaan kan word, word min aandag in die meeste van die oorsigte aan hierdie konteks gegee. Onder die boeke waarin aspekte van die groter konteks behandel word, is ’n aantal vroeë Afrikaanstalige werke, waarin veral die invloed van Nederland op die ontwikkeling van Suid-Afrika na vore gebring word. In die algemeen verwys skrywers op ’n baie inkonsekwente manier na die wêreldhistoriese konteks. Die wyse waarop dit gedoen word, hang meesal saam met die skrywer se geheelperspektief op die geskiedenis. Daar word deurgaans veel meer aandag aan die Europese agtergrond, as aan die invloed van die res van Afrika gegee. Dit kan nie net aan ’n Eurosentriese perspektief toegeskryf word nie, maar ook aan ’n gebrek aan bronne en navorsingswerk oor beïnvloeding vanuit Afrika, terwyl daar wel baie gegewens oor die invloed van die Westerse Wêreld op ontwikkelinge in Suid-Afrika beskikbaar is.

 

 

 

English

South Africa within a World Historical Context – An Inquiry into General Surveys of South African History

Since the beginning of the twentieth century, a large number of general surveys of South African history have been published. Although many events and developments in South African history can only be understood within a world historical context, little attention is paid in most of these surveys to the larger framework. Among the books which deal with aspects of the larger context, are a number of early Afrikaans surveys, which are especially concerned with the influence of the Netherlands on the development of South Africa. Most authors refer in a very inconsistent manner to the world historical context. The way in which this is done, is usually connected with the author’s view of history. In general more attention is given to the European background, than to influences from the rest of Africa. This should not be regarded as the result of a Eurocentric perspective only, but also as the result of a lack of sources and research work on African influences, while, on the other hand, a large amount of evidence is available on the influence of the Western World on developments in South Africa.

Downloads

Published

2021-06-14

Issue

Section

Articles

How to Cite

Suid-Afrika binne Wêreldhistoriese Konteks – ’n Ondersoek na Oorsigwerke oor die Suid-Afrikaanse Geskiedenis . (2021). Historia, 50(2). https://upjournals.up.ac.za/index.php/historia/article/view/1528