Francois Smith, Kamphoer

’n Leë plek in die Suid-Afrikaanse geskiedenis word gevul

Authors

  • Marian Human-Nel

Abstract

"Daar was 'n leë plek in die geskiedenis" - só verklaar die skrywer van Kamphoer, Francois Smith, tydens 'n Kwêla-onderhoud teenoor Theresa Benade (14 September 2014). Kamphoer vertel die storie van Susan Nell, 'n meisie wat op 1 Januarie 1902, tydens die Anglo-Boereoorlog, wreedaardig deur twee Britse soldate en 'n "joiner" in die Winburg-konsentrasiekamp verkrag is. Susan ord vir dood agtergelaat, maar 'n Sotho-kruiedokter vind haar waar sy van die kamp se lykswa afgeval het - die wa wat dooies elke oggend bymekaarmaak om te begrawe. In 'n grot tussen die Winburgkoppies behandel die kruiedokter en 'n Sotho-vrou haar om te herstel van haar fisiese en geestelike wonde. Hulle help haar ook om te vlug, eers tot in Bloemfontein en dan na die Kaap. Hier word sy onder die vlerk van Marie Koopmans-De Wet geneem. Dit is ook Marie Koopmans-De Wet wat haar later help om na Nederland te gaan. Hier bekwaam Susan haar in die psigiatrie. Wanneer sy veel later in haar lewe as verpleegster soldate van die Tweede Wêreldoorlog (bomskokpasiënte) in 'n Britse hospitaal te Devon behandel, kom sy van aangesig tot aangesig met een van haar verkragters. Alhoewel sy haarself deur die jare probeer oortuig het dat sy ten volle herstel het, besef sy tydens hierdie ontmoeting dat sy nog nie van die geestelike wonde van die wandaad herstel het nie.

Downloads

Published

2021-05-07

Issue

Section

Book Reviews

How to Cite

Francois Smith, Kamphoer : ’n Leë plek in die Suid-Afrikaanse geskiedenis word gevul . (2021). Historia, 61(1). https://upjournals.up.ac.za/index.php/historia/article/view/1339