The Anglo-Boer War in a Century of Peace

Authors

  • Erwin A. Schmidl

Keywords:

Anglo-Boer War, Century of Peace, colonial war, First World War, military development, modern warfare, pro-Boer propaganda, total war, Anglo-Boereoorlog, Eerste Wêreldoorlog, Eeu van Vrede, koloniale oorlog, militêre ontwikkeling, militêre ontwikkelingpro-Boer propaganda, totale oorlog

Abstract

English

From a South African perspective the Anglo-Boer War of 1899-1902 appears to have been singularly important. Few wars had comparable effects on the population, the economy, or the cultural heritage of the country. Looking at this war from a wider perspective, however, it acquires a different, and perhaps less prominent role. This article discusses some of the military aspects of this war, and then presents an overview of the evolution of the international system in the nineteenth and early twentieth centuries. It examines how this war fits into both the military and political developments of the “Century of Peace” between 1815 and 1914. In conclusion, the author is convinced that the AngloBoer War was not a singular phenomenon, completely different from the other wars of its time. Rather, it was one of several “wars of transition”, fought in the late nineteenth and early twentieth centuries, all introducing various elements which together would gain importance in the Great War (First World War) of 1914-1918. Thereby, it certainly foreshadowed developments of the twentieth century, including the tragic consequences of “total war” policies employed during the guerrilla phase of the war, but, sadly, even in these aspects it was not untypical of its time.

 

 

Afrikaans

Die Anglo-Boereoorlog in die Eeu van Vrede

Die Anglo-Boereoorlog in die Eeu van Vrede Vanuit ‘n Suid-Afrikaanse perspektief lyk dit asof die Anglo-Boereoorlog van 1899-1902 van uitsonderlike belang was. Min oorloë het ‘n vergelykbare invloed op die bevolking, die ekonomie en die kulturele erfenis van die land gehad. Wanneer die oorlog egter teen ʼn breër agtergrond gesien word, blyk dit dat dit ʼn ander, dalk selfs minder belangrike rol gespeel het. Hierdie artikel ondersoek enkele militêre aspekte van die oorlog en bied dan ʼn oorsig oor die evolusie van die internasionale sisteem in die negentiende en vroeë twintigste eeu. Dit ondersoek waar dié oorlog in beide militêre en politieke ontwikkelinge gedurende die “Eeu van Vrede” tussen 1815 en 1914 inpas. Ten slotte kom die skrywer tot die gevolgtrekking dat die Anglo-Boereoorlog nie ʼn uitsonderlike verskynsel was wat heeltemal anders as ander oorloë van die tyd was nie. In teendeel, dit was maar een van talle “oorgangsoorloë” van die laat negentiende en vroeë twintigste eeu wat almal elemente bekendgestel het wat eers tydens die Groot Oorlog (die Eerste Wêreldoorlog) van 1914-1918 saam van betekenis sou word. Dit het dus ontwikkelinge in die twintigste eeu, insluitend die tragiese gevolge van die praktyke van “totale oorlog” wat gedurende die guerrilla-fase van die oorlog aangewend is, voorafgegaan, maar ongelukkig was selfs hierdie aspekte nie ontipies van die tyd nie. 

 

Downloads

Published

2021-06-14

Issue

Section

Articles