H.W. Claassens, Die geskiedenis van Boerekos 1652-1806

ʼn Fees vir vrate Èn peuselaars

Authors

  • Anton Vorster

Abstract

Die lekkerte van dié publikasie begin reeds by die buiteblad : 'n kleurryke rangskikking van vars groente, speserye en 'n glas rooiwyn in die voorgrond, met as agtergrond Tafelberg en 'n paar Hollandse seilskepe wat die vroeë geskiedenis van die Westerse kolonisering van die Kaap oproep. Daarmee word die verhaal van die vestiging van 'n koskultuur in 'n neutedop vertel : dit was immers die Nederlanders se liefde vir speserye wat die skep van handelsroetes na die Ooste aangemoedig het; daaruit het die behoefte aan 'n verversingspos om vars proviand (veral groente) aan die skepe te voorsien, ontstaan; maar weldra is die Kaapse nedersetting ook ten nouste met "die goeie lewe" vereenselwig, waarvan die wynbedryf heel gou 'n kenmerk geword het.

Downloads

Published

2021-06-14

Issue

Section

Book Reviews

How to Cite

H.W. Claassens, Die geskiedenis van Boerekos 1652-1806: ʼn Fees vir vrate Èn peuselaars. (2021). Historia, 52(2). https://upjournals.up.ac.za/index.php/historia/article/view/1216