J.C. van der Walt,Zululand True Stories, 1780-1978

Authors

  • Albert Van Jaarsveld

Abstract

Hierdie boek is 'n bundel van 71 artikels wat gedurende die laaste dekade in die streekskoerant Zululand Observer verskyn het. Die artikels is van wyd uiteenlopende aard, maar almal met 'n historiese strekking. Dit is chronologies georden en word ingelui met 'n vertelling oor Nandi, die moeder van die Zoeloekoning Shaka gedurende ongeveer die jaar 1780. Ander temas wat aangeraak word, is die Zoeloekoningshuis, met vertellings omtrent Shaka, Dingane, Mpande, Cetshwayo en Dinuzulu, die "wit Zoeloe" John Dunn (Jantoni) van Mtunzini, sendelinge, jagters, handelaars en natuurkundiges wat Zoeloeland vroeg in die negentiende eeu besoek het waaronder Adulphe Delegorgue (1850) en Robert Briggs Struthers (1852). Daar is verhale oor die swaarkry van sendelingvroue tot die eerste Christen-martelaar wat in Zoeloeland weens geloof tereggestel is.

Downloads

Published

2021-06-14

Issue

Section

Book Reviews