ìWie moet sorg?î Gesondheidsbeleid en Mediese Fondse in Suid-Afrika en Gemenebeslande in Vergelykende Perspektief, 1900-1970

Authors

  • Grietjie Verhoef

Keywords:

Beveridge-verslag, mediese hulpskema, nasionale gesondheidsplan, sosiale sekuriteit, vrywillige organisasies, Beveridge report, friendly societies, medical aid, national health plan, social security

Abstract

Afrikaans

Die Britse regering het mediese hulp in haar protektorate en kolonies voorsien, maar dit is later in reaksie op die Beveridge-verslag oor sosiale sekuriteit, deur soortgelyke aanbiedinge in die hele Statebond opgevolg. Aspekte van die Beveridge-verslag het in Suid-Afrika en ander Gemenebeslande neerslag gevind, maar in verskillende stadiums. Die algemene tendens van die mediese professie en liberaalgesinde gemeenskappe was teenkanting teen die instelling van ʼn nasionaalomvattende, owerheidsgesubsidieerde mediese hulpskema. Na die Anglo-Boereoorlog van 1899-1902, het staatsamptenare in die Transvaal uit eie beweging deur middel van ʼn vrywillige organisasie ʼn mediese hulpskema vir staatsamptenare begin. Daar was later groter kommer oor openbare gesondheid en daar is aangedring op die instelling van ʼn nasionale gesondheidsplan. FinansiÎle beperkings, konstitusionele implikasies en die politieke beleidsrigtings van die regering van die dag het die realisering daarvan verhoed toe ʼn staatsondersteunde mediese hulpskema vir staatsamptenare in 1967 ingestel is.

 

 

 

English

“Who will provide?” Health Policy and Medical Schemes in South Africa and Commonwealth Countries in Comparative Perspective, 1900-1970 

The provision of medical aid by the British government in protectorates and colonies was succeeded by a Commonwealth-wide response to the Beveridge Report on social security. Aspects of the report were applied in South Africa and other Commonwealth countries, but at different stages. Generally the medical profession and liberal societies resisted the introduction of comprehensive government subsidised medical aid. In South Africa after the Anglo Boer War of 1899-1902, private initiative started with medical aid provision through friendly societies, but public concern about the condition of public health led to calls for the introduction of a national health plan. Financial constraints, constitutional provisos and political policies of the government of the day prevented the introduction of a national health scheme in South Africa when state subsidisation of medical aid to public servants was introduced in 1967..

Downloads

Published

2021-06-14

Issue

Section

Articles

How to Cite

ìWie moet sorg?î Gesondheidsbeleid en Mediese Fondse in Suid-Afrika en Gemenebeslande in Vergelykende Perspektief, 1900-1970. (2021). Historia, 52(2). https://upjournals.up.ac.za/index.php/historia/article/view/1174