Waardevolle studie vir die liefhebbers van kultuurgeskiedenis

Authors

  • Cecilia Kruger

Abstract

Binne die kultuurgeskiedenis en verwante dissiplines het O.J.O. Ferreira die afgelope 20 jaar, ‘n reuse bydrae gelewer. Hy is die outeur / redakteur van ongeveer 12 boeke en ‘n tagtigtal tydskr ifartikels. Sy belangstelling in sy Portugese herkoms en die rol wat die Portugese in die algemeen in die ontwikkeling van Suider Afrika gespeel het, is ook alombekend en publikasies wat oor hierdie onderwerp handel het veral die afgelope tien jaar die lig gesien. Montanha in Zoutpansberg is die nuutste bydrae uit hierdie Historikus se uiters vrugbare pen. Die kern van hierdie publikasie is die reisjoernaal wat Pater Joaquim de Santa Rita Montanha gehou het tydens sy staptog vanaf Inhambane in Mosambiek tot by die Soutpansberg en terug in 1855-1856. Dit is egter Ferreira se omvattende inleiding wat veral ‘n interessante blik op die vroeë geskiedenis van hierdie geografiese streek werp.

Downloads

Published

2021-06-16

Issue

Section

Articles

How to Cite