Menslike bakens langs my pad na die beoefening van geskiedswetenskappe

Diegene wat my besiel en beïnvloed het/ Those who inspired and influenced me

Authors

  • O.J.O. (Cobus) Ferreira

Abstract

Op my boekrak staan 'n eksemplaar van G. Jordaan se Só het hulle gesterf! Laaste ure van diegene oor wie die doodvonnis uitgespreek en voltrek is in die Kaapkolonie gedurende die Oorlog van 1899-1902 (Kaapstad & Pretoria, 1940). Voor in die boek is Vaai, my pa, se handtekening en daaronder die jaartal 1940, wat ook my geboortejaar is. As tienerseun het ek hierdie boek op Opkomst in die Onder-Kouga saans by kerslig gelees en herlees terwyl die trane oor my wange geloop het. Ek het nie die gewilde seunsboeke van destyds gelees nie, want Vaai was van mening dat die geskiedenis veel interessanter as verbeeldingsvlugte van romanskrywers is. En hy was natuurlik reg! Vaai was nie 'n geleerde man nie, maar slim en veral in die geskiedenis en godsdiens wydbelese. Terwyl ander kinders se ouers hulle see toe geneem het, het my ouers my en my suster Philna dikwels op landreise geneem om historiese slagvelde en monumente te besoek. So was ek en Philna op een so 'n reis haastig om by Durban se strand uit te kom, maar eers moes ons onder meer Amajuba uitklim en die slagveld van Bloedrivier onderweg besoek.

Downloads

Published

2021-06-14

Issue

Section

Reminiscence/ Herinneringe

How to Cite

Menslike bakens langs my pad na die beoefening van geskiedswetenskappe: Diegene wat my besiel en beïnvloed het/ Those who inspired and influenced me. (2021). Historia, 53(2). https://upjournals.up.ac.za/index.php/historia/article/view/1164