Zimbabwe's land struggles and land rights in historical perspective : the case of Gowe-Sanyati irrigation (1950-2000)

Authors

  • Mark Nyandoro

Keywords:

Grondbesitreg, Konflik, Stryd, Land acts, Uitsetting, Land invasion, Droogland en besproeiingslandbou-ontwikkeling, Land reform, Land tenure

Abstract

This article examines the history of land struggles in the Sanyati-dryland and the Gowe-ARDA irrigation-community in northwestern Zimbabwe from 1950 to 2000. Land has been one of the most contentious issues in this area in the colonial and post-independence eras. Informed by the broader contestation around land, the article seeks to address the question of indigenous rights to land in Zimbabwe. Writing from an economic history point of view, it analyses the historical roots of contemporary land struggles and land grabbing in Zimbabwe since the forced removal of people from Rhodesdale to Sanyati in 1950. It also evaluates the need for land (as a factor of accumulation) and water rights in addressing key issues that could enable Zimbabwe realise peace and the much-needed restoration of the economy. Demands for land and associated rights are an indicator of the tension reminiscent of the dryland and ARDA-irrigated lands in Sanyati which was informed by Rhodesian-era evictions and resettlements. Clearly, in the pre-2000 period, the lack of adequate land to settle the farmers on a satisfactory basis coupled with the absence of a deliberate policy framework to regularise land-allocation has created a perception of economic disempowerment in both the dryland and irrigated peasant-sectors of the Zimbabwean economy. This informs the spate of farm-invasions witnessed in recent times in Gowe-Sanyati and beyond and underlines the fact that it is imperative that further research be undertaken on Zimbabweâ??s contemporary agrarian revolution.

 

 

Hierdie voordrag ondersoek die geskiedenis van grondstryd in die Sanyati-droogland en die Gowe-ARDA-besproeiingsgemeenskap in noordwes-Zimbabwe van 1950 tot 2000. Grond was nog altyd een van die mees omstrede kwessies in hierdie omgewing in die koloniale en die post-onafhanklikheidsera. geïsoleer deur die breër stryd rakende grond, beoog die voordrag om die vraag rakende inheemse regte op grond in Zimbabwe onder die loep te neem. Deur primêre bronne aan te wend, insluitend mondelinge onderhoude (wat oorspronklikheid aan my artikel verleen), asook sekondêre literatuur en deur vanuit 'n ekonomies historiese uitganspunt te skryf, analiseer die voordrag die historiese wortels van kontemporêre grondstryd en grondinpalming in Zimbabwe sedert die gedwonge verwydering van mense uit Rhodesdale na Sanyati in 1950. Dit evalueer ook die behoefte aan land (as Å? akkumulasiefaktor) en waterregte om sleutelkwessies wat Simbabwe in staat sou kon stel om vrede en die hoogs noodsaaklike herstel van die ekonomie te ondervang. Deur die grondvraag as 'n omstrede kwessie van Zimbabwiër-geskiedenis na te vors verbreed duidelik ons begrip van die kwessie. Terselfdertyd kan nuwe lewe in die voosgeslane of mankoliekige ekonomie ingeblaas word, gebaseer, onder andere, op grondaangeleenthede en uitdagings met die breër ontwikkelingsagenda en demokratiseringsproses te inkorporeer. Dit vereis dat verskeie belanghebbendes hulle moet losmaak van geykte houdings en weerstand teen Å? benadering wat op regte gebaseer is en een volg wat op grondhervorming toegespits is. Inheemse mense se demokratiese regte op grond en toegang tot water is van die allergrootste belang in 'n land waar koloniale staatsbeleide stryd en konflik oor grond geskep het. Eise vir grond en gepaardgaande regte is Å? aanduiding van die spanning wat herinner aan die droogland- en ARDA-besproeide grond in Sanyati wat geskep is deur Rhodesië-era-uitsettings en -hervestigings. Die ontneming van grond van die kleinboerestand in die pre-onafhanklikheidsera het aansienlik bygedra tot sosio-ekonomiese en politieke spanning. Die kennelike mislukking van die post-onafhanklikheidsregering om landhonger onder die mense te ondervang het ook gelei tot 'n verwagtingskrisis ("crisis of expectations") onder 'n diegene wat gemeen het dat die terminering van die koloniale bewind op groter toegang tot grond sou uitloop. Duidelik, in die pre-2000-periode, het die gebrek aan voldoende grond om die boere op 'n bevredigende grondslag te vestig, gepaard met die afwesigheid van 'n oorwoë beleidsraamwerk om grondtoekennings te regulariseer het Å? persepsie van ekonomiese ontmagtiging in sowel die droogland- as besproeide kleinboerestand-sektore van die Zimbabwiër-ekonomie geskep. Dit lei tot die stortvloed van plaasinvalle wat in onlangse tye in Gowe-Sanyati en verder aan waargeneem is en die noodsaaklikheid van verdere navorsing oor Zimbabwe se hedendaagse grondbesittersrevolusie.

Downloads

Published

2021-04-23

Issue

Section

Articles

How to Cite

Zimbabwe’s land struggles and land rights in historical perspective : the case of Gowe-Sanyati irrigation (1950-2000). (2021). Historia, 57(2). https://upjournals.up.ac.za/index.php/historia/article/view/1163