PORTRETTE VAN VOORTREKKERS

Authors

  • Jan Visagie

Keywords:

Jan Visagie, Portrette van Voortrekkers, Groot Trek, Andries Pretorius, Sarel Cilliers, Suid-Afrika, Camera Lucida, primitiewe fotografiese proses, foto's, Jacob de Klerk jr, Louis Tregardt, Kaapkolonie, Voorüekkermonumentmuseum, Pretoria

Abstract

English

This article investigates whether authentic portraits of Voortrekker leaders exist. A brief overview of the early history of photography in South Africa brings to light that no photographs were taken before 1845-1846. It follows that no photographs exist of individuals who died prior to this date. Existing portraits of Sarel Cilliers, Jacob de Klerk, J.H. de Lange and L.J. Nel are briefly discussed. Consideration is then given to a series of portraits of Andries Pretorius. What is considered to be the most authentic portrait is then identified. This is then evaluated against the backdrop of B.J. Liebenberg's findings that none of the portraits of Pretorius are in fact authentic.

The origins of a portrait, presumably depicting the Voorüekker leader Inuis Tregardt, is discussed. A correspondent of Die Volkstem located it in 1938. It belonged to a descendant of Tregardt. This "discovery" has been subject to considerable debate and specuilation. Up to recently it was believed that no authentic portrait existed. The author comes to the conclusion that it is indeed an authentic depiction of Tregardt.

 

Afrikaans

In hierdie artikel word nagegaan of daar outentieke afbeeldinge van Voortrekkerleiers bestaan. Die vroeë jare van fotografie in Suid-Afrika word baie kortliks na verwys om aan te toon dat daar nie foto's vóór 18451846 geneem is nie en gevolglik dat persone voor hierdie jare oorlede, nie gefotografeer kon gewees het nie. Die beskikbare afbeeldinge van Sarel Cilliers, Jacob de Klerk jr (1791-1881), J.H. de Lange en L.J. Nel word kortliks bespreek. Voorts word uitgewei oor die afbeeldinge wat oor Arùies Pretorius beskikbaar is en watter afbeelding die betroubaarste is. Navorsing van prof. Ben Liebenberg het egter aangetoon dat nie een van die bekende afbeeldinge van Pretorius betroubaar is nie. Die herkoms van 'n afbeelding wat na bewering dié van die Voortrekkerleier Louis Tregardt is, word vervolgens uiteengesit. Daar word bevind dat 'n medewerker van die koerant Die Volkstem 'n portret van Tregardt in 1938 by 'n afstammeling opgespoor het. Dié "ontdekking" is egter ná 1938 óf gewantrou óf vergeet want op enkele uitsonderinge na is tot vandag aanvaar dat ons nie oor 'n betroubare of enige afbeelding hoegenaamd beskik nie. Krywer van hierdie artikel het die "geskiedenis" van die portret opnuut ondersoek en op grond van verskeie getuienis bevind dat dit 'n outentieke afbeelding van Tregardt is. 

Downloads

Published

2021-06-16

Issue

Section

Articles