Reminiscences: Those who inspired and influenced me
Herinneringe aan historici en historiese kwessies
Abstract
Soos waarskynlik baie ander historici, is my belangstelling in die geskiedenis deur my ouerhuis en die skool geprikkel. Aan moederskant het ek 'n oupa gehad wat as driejarige die konsentrasiekamp van Middelburg (Mpumalanga) tydens die Anglo- Boereoorlog oorleef het en wie se staaltjies oor die "Boere en die Engelse" my kleintyd gefassineer het. Van my pa weer het ek te wete gekom van die "Nat-Sapstryd" wat sedert die Tweede Wêreldoorlog in Afrikanergeledere gewoed het en my historiese bewussyn verder ontwikkel het.