Die ANC/SAKP in Angola: ’n Gevallestudie Rakende Interne Demokrasie

Authors

  • Leopold Scholtz
  • Ingrid Scholtz

Keywords:

African National Congress (ANC), Angolese kampe, demokrasie, gewapende stryd, Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party (SAKP), Angolan camps, armed struggle, democracy, South African Communist Party (SACP), Umkhonto we Sizwe (MK)

Abstract

Afrikaans

Die ANC/Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party (SAKP) het altyd beweer dat die doel van hulle gewapende stryd, vryheid en demokrasie was. Een manier om dit te toets is om te kyk na die alliansie se praktiese toepassing van interne demokrasie in die jare van ballingskap. Met dié doel voor oë word in hierdie artikel ondersoek ingestel na die situasie in MK se kampe in Angola, die twee gewapende opstande in 1984, en die strafkamp Quatro. Twee paradigmas om die situasie te verklaar, word ontleed. Die een is die standpunt van die ANC dat die probleme die gevolg was van die apartheidsregering se spioenasie, en dié van die dissidente dat hulle eenvoudig ʼn demokratiese kultuur van verantwoordbaarheid wou hê. Die eindgevolgtrekking is dat ofskoon daar waarheid in die ANC se verklaring steek, dit ʼn feit is dat die alliansie se interne demokrasie veel te wense oorgelaat het. 

 

 

 

English

The ANC/SACP in Angola: A Case Study in Internal Democracy 

The ANC/South African Communist Party (SACP) has always maintained that the purpose of their armed struggle was freedom and democracy. One way of testing this assertion is to investigate the alliance’s practice of internal democracy during the years of exile. To this end, this article looks at the situation in MK’s camps in Angola, the two armed uprisings in 1984, and Quatro punishment camp. Two paradigms for explaining the situation is analysed – the ANC saying that it was a result of the apartheid government’s spying; and the dissidents stating that they simply wanted a democratic culture of accountability. The final conclusion is that while the ANC’s explanation is not entirely off the mark, it remains a fact that the alliance’s internal democracy left much to be desired.

Downloads

Published

2021-06-14

Issue

Section

Articles

How to Cite

Die ANC/SAKP in Angola: ’n Gevallestudie Rakende Interne Demokrasie . (2021). Historia, 54(1). https://upjournals.up.ac.za/index.php/historia/article/view/1081