Die aard van diplomatieke, politieke en kulturele betrekkinge tussen Suid-Afrika en Vlaandere (1945-1990)

Authors

  • Otto Terblanche

Keywords:

Afrikaans, apartheid, België, diplomatieke en politieke betrekkinge, kultuurbande, Suid-Afrika, Vlaandere, Belgium, cultural ties, diplomatic and political relations, Flanders, South Africa

Abstract

Afrikaans

Vlaandere, die noordelike, Nederlandstalige deelstaat van België, het nog altyd ƌ hoë premie op die handhawing en verstewiging van taal- en kultuurbande met die Afrikaner geplaas. In hierdie artikel word die diplomatieke, politieke en kulturele betrekkinge tussen België en Suid-Afrika in die jare 1945 tot 1990 ontleed. Apartheid het egter sedert die laat 1970’s sy donker skaduwee oor die bilaterale verhoudinge gewerp. Dit het nie alleen die taal- en kultuurbande onder groot spanning geplaas nie, maar ook die politieke verhoudinge. Die eerste minister van Suid-Afrika, P.W. Botha, se besoek aan België in 1984, het byvoorbeeld vele protesaksies uitgelok. Die artikel behandel ook die doelstellings en werksaamhede van pro-Suid-Afrikaanse organisasies soos die Algemeen-Nederlands Verbond, die Vrienden van Zuid-Afrika en Protea. Die mense in Vlaandere het vanweë hulle geskiedenis tradisioneel meer simpatiek teenoor Suid-Afrika en die Afrikaner gestaan.

 

 

 

English

Flanders and South Africa: Diplomatic, Political and Cultural relations, 1945-1990

Flanders, the northern, Dutch-speaking regional state of Belgium, has always regarded the preservation and strengthening of language and cultural ties with the Afrikaner as of the utmost importance. In this article, the diplomatic, political and cultural relations between Belgium and South Africa in the period 1945 to 1990 will be analysed. Apartheid however had a negative impact on bilateral relations from the late 1970s. It not only had an adverse effect on language and cultural ties, but also on political relations. The visit of South African Prime Minister P.W. Botha to Belgium in 1984 was characterised by many protest actions. This article will also deal with the aims and activities of pro-South African organisations such as the AlgemeenNederlands Verbond, the Vrienden van Zuid-Afrika and Protea. Because of their history, the people in Flanders have traditionally been more sympathetic towards South Africa and the Afrikaner.

Downloads

Published

2021-06-14

Issue

Section

Articles

How to Cite

Die aard van diplomatieke, politieke en kulturele betrekkinge tussen Suid-Afrika en Vlaandere (1945-1990). (2021). Historia, 54(2). https://upjournals.up.ac.za/index.php/historia/article/view/1041