Professor Theo van Wijk (12 November 1916 – 15 Maart 2009

Authors

  • Paul Zietsman

Abstract

Professor Theo van Wijk, die oud-rektor van die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa), is op 15 Maart 2009 in sy drie-en-negentigste lewensjaar oorlede. Mense wat met professor Van Wijk saamgewerk, of direk onder hom as rektor gewerk het, het groot lof gehad vir sy versiende leierskap, sy toeganklikheid en sy wye kennis aangaande ontwikkelings op die diverse terreine van die universiteit - die dosente, administrasie en die biblioteek. Dié kennis het Van Wijk in staat gestel om heersende ontwikkelings aan Unisa binne 'n geheelbeeld te plaas en dienooreenkomstig leiding te gee. In vergaderings wat Van Wijk gelei het, het hy die feite van die voorgelegde saak altyd op die punte van sy vingers gehad.

Downloads

Published

2021-06-14

Issue

Section

Book Reviews

How to Cite