Professor Leo Barnard

Authors

  • André Wessel

Abstract

Schalk Leopold (Leo) Barnard is op 1 Maart 1947 te Otjiwarongo in die destydse Suidwes-Afrika (vandag Namibië) gebore. Nadat hy aan die Hoërskool Otjiwarongo gematrikuleer het, het hy in 1968 'n B.A.-graad aan die Universiteit van die Oranje-Vrystaat (UOVS) verwerf, en die daaropvolgende jaar 'n nagraadse Hoër Onderwysdiploma. In 1972 het hy 'n Honneursgraad in Geskiedenis aan die Universiteit van Suid-Afrika verwerf. As deeltydse student aan die UOVS, het hy in 1976 'n M.A.-graad in Geskiedenis behaal, met 'n verhandeling getiteld "Interne wrywing in die Verenigde Party in die jare vyftig", en in 1979 het hy sy doktorale proefskrif oor "Politieke oriëntasie in die Suid-Afrikaanse opposisie sedert 1958" aan die UOVS voltooi.

Downloads

Published

2021-06-14

Issue

Section

In memoriam