Die rol en bydrae van die Stedelike Stigting tot die politieke hervorming van Suid-Afrika

Authors

  • Salomon Hoogenraad-Vermaak

Keywords:

politieke, Suid-Afrika, Herman Giliomee, Merle Lipton

Abstract

Die moontlike rol en bydrae van die Suid-Afrikaanse blanke sakegemeenskap om saam met ander rolspelers in die Suid-Afrikaanse samelewing (byvoorbeeld burgerlike bewegings, kerke, ensomeer) 'n politieke transformasie in die Suid-Afrikaanse politiek - weg van apartheid - te bewerkstellig, is 'n baie sensitiewe onderwerp wat meestal wye reaksie ontlok. Die mees algemene reaksie is gewoonlik dat blanke sakelui nie so 'n rol gespeel het nie, gegewe die persepsie dat die apartheidstelsel vir blanke sakelui voordelig was. Hierdie reaksie kom ten spyte van navorsing van Merle Lipton, 'n liberale geskiedskrywer, waarin sy die positiewe rol en bydrae van Suid-Afrikaanse Engelssprekende sakelui beskryf. Sy wys daarop dat selfs die neo-radikale skool van geskiedskrywing toegegee het dat Suid-Afrikaanse sakelui wel 'n positiewe rol gespeel het, al meen hulle steeds dat sakelui se optrede deur eie belange gemotiveer was. Onlangse navorsing wys daarop dat ook Afrikaner-sakelui tydens die transformasieproses 'n positiewe rol en bydrae gelewer het. Verder is die mite dat politieke bevoordeling noodwendig tot ekonomiese voordeel moes lei en dat Afrikaner-sakelui in terme van hierdie persepsie die meeste moes gebaat het, ook deur die navorsing van Herman Giliomee verkeerd bewys.

Downloads

Published

2021-04-19

Issue

Section

Articles

How to Cite

Die rol en bydrae van die Stedelike Stigting tot die politieke hervorming van Suid-Afrika. (2021). Historia, 56(2). https://upjournals.up.ac.za/index.php/historia/article/view/1024