Die geskiedenis van Afrikanerbetrokkenheid in die Rhodesiese tabakbedryf (1890-1980)

Authors

  • Gustav Hendrich

Keywords:

geskiedenis, Afrikanerbetrokkenheid, Rhodesiese, 1890-1980, Zimbabwe

Abstract

In die ekonomiese geskiedenis van Rhodesië (vandag Zimbabwe) het die verbouing van tabak deurgaans as vername landboukommoditeit en uitsonderlike bron van ontwikkeling vir die land as geheel gedien. Internasionaal het Rhodesië toenemend vir die lewering van hoogstaande tabakkwaliteit bekend geword. Binne die raamwerk van die Rhodesiese landbou-ekonomie het talle Afrikanerboere tot die ontwikkeling van die tabakbedryf bygedra. Sedert 1890 het Afrikaners vanuit Suid-Afrika, merendeels weens die soeke na verbeterde lewensomstandighede en werksgeleenthede, geleidelik hulle weg na die gebied noord van die Limpoporivier gevind. Die georganiseerde en individuele Afrikanertrekke en die sporadiese verhuising van Afrikanerimmigrante na Rhodesië sou die fondamente van 'n selfonderhoudende, dog geografies wydverspreide bevolkingsgroep lê. Afrikaners sou op feitlik alle lewensterreine oorheers en groot verskaffers van werksgeleenthede word. Die aanloklike landboumoontlikhede, veral die tabakbedryf, het nie bloot as werksgeleenthede by Afrikaners aanklank gevind nie, maar het veral ook 'n geleentheid tot rykdom gebied. In hierdie artikel sal daar spesifiek op die aanvanklike probleme wat in die bedryf voorgekom het, asook die welslae en prestasies van Afrikanertabakboere, gefokus word.

Downloads

Published

2021-04-19

Issue

Section

Articles

How to Cite

Die geskiedenis van Afrikanerbetrokkenheid in die Rhodesiese tabakbedryf (1890-1980). (2021). Historia, 56(2). https://upjournals.up.ac.za/index.php/historia/article/view/1017