Die Stigting van die Kaapkolonie in die Nederlandse Geskiedskrywing

Authors

  • Pieter de Klerk

Keywords:

A. Biewenga, E.C. Godée Molsbergen, G.J. Schutte, J. Romein, Jan van Riebeeck, Kaapkolonie, Khoikhoi, koloniale geskiedenis, N.G. van Kampen, Nederland, Nederlandse geskiedskrywing, Nederlandse kolonies, Nederlandse kultuur, Nederlandse stam, P. Geyl, R. Ross, Simon van der Stel, U.G. Lauts, Verenigde OosIndiese Kompanjie (VOC), W.C. Mees, Cape Colony, colonial history, Dutch colonies, Dutch culture, Dutch East India Company (VOC / DEIC), Dutch historical writing, Dutch race, Romein, Netherlands

Abstract

Afrikaans

In hierdie artikel word ƌ aantal Nederlandse geskiedwerke bespreek. Dié geskriftec bestaan uit studies oor die vroeë geskiedenis van die Kaapkolonie en algemene oorsigte oor die geskiedenis van Nederland en sy kolonies. Dit blyk dat die meeste geheeloorsigte oor die Nederlandse geskiedenis slegs baie kortliks na die stigting van die Kaapkolonie verwys. Ook in werke oor die Nederlandse koloniale geskiedenis word meesal nie veel aandag aan hierdie gebeurtenis gegee nie. Gedurende die periode voor ongeveer 1920, het Nederlandse skrywers ƌ belangrike bydrae gelewer tot die publikasies wat oor die ontstaansgeskiedenis van die Kaapkolonie verskyn het, maar sedertdien het hulle ƌ minder prominente rol gespeel in navorsingswerk oor hierdie onderwerp. Verskeie historici beklemtoon dit dat, hoewel die Nederlanders in verskillende dele van die wêreld kolonies gevestig het, dit slegs in Suider-Afrika is wat daar tans etlike miljoene mense woon met ƌ taal en kultuur wat grotendeels van Nederlandse oorsprong is. Onder hierdie historici is daar net een wat aantoon dat die totstandkoming van ƌ Nederlandssprekende samelewing aan die Kaap die gevolg was van sowel emigrasie uit Europa, as die aanvaarding van baie aspekte van die Nederlandse kultuur deur die slawe en die inheemse Khoikhoibevolking.

 

 

 

English

The Founding of the Cape Colony in Dutch Historical Writing
This article examines a number of texts by Dutch historians. These include studies on the early history of the Cape Colony and general reviews of the history of the Netherlands and their colonies. It appears that most overviews refer only briefly to the founding of the Cape Colony. Furthermore, many books on Dutch colonial history do not pay much attention to this event. During the period before about 1920, Dutch writers made an important contribution to the publication of texts on the early history of the Cape Colony, but they have played a less prominent role in research that has since been done on this subject. A number of historians emphasise the fact that, although the Dutch founded colonies in various parts of the world, it is only in Southern Africa that there are a few million people to be found today with a language and culture of mainly Dutch origin. Only one of these historians points out that the establishment of a Dutch-speaking society at the Cape was the result of both emigration from Europe and the acceptance of many aspects of Dutch culture by the slaves and the indigenous Khoikhoi population. 

Downloads

Published

2021-06-14

Issue

Section

Articles

How to Cite

Die Stigting van die Kaapkolonie in die Nederlandse Geskiedskrywing. (2021). Historia, 54(2). https://upjournals.up.ac.za/index.php/historia/article/view/1005