Adv. B.J. Vorster se beleid t.o.v. Afrika : logiese ontplooiing van Verwoerd se interpretasie?

Authors

  • Juan Klee
  • Grietjie Verhoef

DOI:

https://doi.org/10.17159/hasa.v40i2.1711

Keywords:

Juan Klee, Grietjie Verhoef, B.J. Vorster, Afrika, Nasionale Party, J.A. du Pisani, A.P.J. van Rensburg, Afrikanergeledere, H.F. Verwoerd, Suid-Afrika, Historia

Abstract

English

Vorster's policy towards Africa : logical unfolding of Verwoerd's interpretation? Vorster's interpretation of aspects of the policy of separate development contributed to political differences in the National Party since 1967. Vorster's declared support for the political principles of the National Party and the "strong man" image he obtained as Minister of Justice and during his first few weeks as Prime Minister, convinced the National Party that he would follow the path of Verwoerd. Vorster's sports and African policy, however led to suspicion amongst some members of the National Party, who believed that Vorster's interpretation was a deviation from traditional National Party policy. This deviation to the left, contributed to a split within the National Party in 1969. This article investigates whether Vorster's interpretation of the policy towards Africa, with the emphasis on diplomatic relations, was the logical unfolding of Verwoerd's interpretation of this issue or whether he, as in his sports policy, deviated from the guidelines set by Verwoerd in 1964. It is generally accepted, by inter alia J.A. du Pisani and A.P.J. van Rensburg, that Vorster's interpretation of the policy towards Africa with the emphasis on diplomatic relations, was the logical unfolding of Verwoerd's interpretation. In contrast to these views, the authors conclude that, although Vorster repeatedly gave the assurance that he did not deviate from party principles, he in actual fact deviated from the guidelines laid down by Verwoerd regarding the African policy. Compared to Verwoerd, Vorster did not implement the policy of separate development to the logical Verwoerdian consequences.

 

 

Afrikaans

Vorster se interpretasie van seker aspekte van die beleid van afsonderlike ontwikkeling sedert 1967, het die grondslag gevorm van die politieke woelinge in die Nasionale Party, wat sedert 1967 in intensitiet toegeneem het. Vorster se beeld van "kragdadigheid" en getroue ondersteuner van beleidsbeginsels van die Nasionale Party, wat hy veral deur sy optrede as Minister van Justisie en gedurende sy eerste paar maande as Eerste Minister verkry het, het die Nasionale Party daarvan oortuig dat hy die weg van Verwoerd sou volg. Vorster se interpretasie van die sport- en Afrikabeleid het egter hierdie oortuiging verander na een van agterdog onder sommige lede van die Nasionale Party. Hulle was van mening dat Vorster se interpretasie van hierdie aspekte 'n afwyking weerspieël het van die tradisionele beleid van die Nasionale Party. Vorster se interpretasie het 'n koersafwyking na links verteenwoordig wat in 1969 tot 'n skeuring in die Nasionale Party gelei het. Hierdie artikel stel ondersoek in na die vraag of Vorster se interpretasie van die beleid t.o.v. Afrika met die klem op diplomatieke betrekkinge, die logiese ontplooiing was van Verwoerd se interpretasie van hierdie saak en of Vorster nie dalk, soos met sy sportbeleid, afgewyk het van die riglyne wat Verwoerd in 1964 aangaande die saak gestel het nie. Dit word oor die algemeen aanvaar, bv. deur J.A. du Pisani en A.P.J. van Rensburg, dat Vorster se interpretasie van die beleid t.o.v. Afrika met die klem op diplomatieke betrekkinge, die logiese ontplooiing van Verwoerd se interpretasie was. In teenstelling met bogenoemde standpunte word daar in hierdie artikel tot die gevolgtrekking gekom dat t.s.v. Vorster se herhaaldelike verweer dat hy nie met sy interpretasie afgewyk het van partybeginsels nie, hy tog met sy interpretasie van die Afrikabeleid afgewyk het van die riglyne wat Verwoerd neergelê het. Vorster het nie die beleid van afsonderlike ontwikkeling na 1966, volgens die interpretasie van Verwoerd, tot sy logiese konsekwensies gevoer nie.

Downloads

Published

2021-06-16

Issue

Section

Articles

How to Cite

Adv. B.J. Vorster se beleid t.o.v. Afrika : logiese ontplooiing van Verwoerd se interpretasie?. (2021). Historia, 40(2), 93-103. https://doi.org/10.17159/hasa.v40i2.1711