Verstedeliking, kontinuïteit en verandering in Port Elizabeth, ca. 1870-1914

Authors

  • Andre Appel

DOI:

https://doi.org/10.17159/hasa.v40i2.1709

Keywords:

Andre Appel, Port Elizabeth, The Practice of History, G.R. Elton, Robert L. Bee, Melville Herskovits, Korsten, Bethelsdorp, New Brighton, Suid-Afrika, industriële tydperk, Eerste Wêreldoorlog

Abstract

English

Urbanisation, continuity and change in Port Elizabeth, ca. 1870-1914 In this article the author discusses some aspects of continuity and change during the early urbanising phase in Port Elizabeth, including general demographic trends; employment in the different sectors; housing trends; responses to pollution and modem technology. General demographic trends indicate a strong continuity between the pre-industrial and industrial era, with a single exception. Similarly, no structural changes occurred in the local economy, with the commercial functions still dominating the scene. In contrast, the housing issue did indeed reflect the pressure of increasing urbanisation, namely in terms of a demand for and the availability of houses as well as the response of the city council. The few selected cases show that the process of gradual modernization elicited concerned and disapproving responses from some of the residents. They also suggest that the city council experienced some problems in managing these conflicting interests. A simple interpretation of the processes of continuity and change is thus untenable. The problem of structural time, and consequently the periodisation of the history of Port Elizabeth, are involved.

 

 

Afrikaans

In hierdie artikel poog die outeur om enkele verskynsels van kontinuiteit en verandering gedurende die vroeë verstedelikingsfase in Port Elizabeth te ondersoek, naamlik algemene demografiese tendense; indiensneming in die verskillende sektore; behuisingstendense; reaksies op besoedeling en die moderne tegnologie. Die breë demografiese tendense toon 'n sterk kontinuïteit tussen die voor-industriële en industriële tydperk in hierdie nie-mynbousentrum aan, met 'n enkele bekende subsisteem as 'n uitsondering. Eweneens was daar geen strukturele veranderings in die plaaslike ekonomie nie, laasgenoemde wat nog steeds deur die kommersiële funksies gedomineer is. Daarenteen het die behuisingskwessie inderdaad die druk van toenemende verstedeliking weerspieël, nie slegs in terme van die aanvraag na en beskikbaarheid van woonstrukture nie, maar ook die stadsraad se reaksie daarop. Uit die enkele bespreekte gevalle is dit duidelik dat die proses van geleidelike modernisasie bekommerde en afkeurende reaksies van sommige inwoners uitgelok het. Die beskikbare getuienis suggereer dat dit nie altyd vir die stadsraad maklik was om dié konflikterende belange te bestuur nie. 'n Simplistiese interpretasie van die prosesse van kontinuiteit en verandering is dus onhoudbaar. Die probleem van strukturele tyd kom ter sprake en daarmee ook die periodisering van Port Elizabeth se geskiedenis.

Downloads

Published

2021-06-16

Issue

Section

Articles

How to Cite

Verstedeliking, kontinuïteit en verandering in Port Elizabeth, ca. 1870-1914. (2021). Historia, 40(2), 64-75. https://doi.org/10.17159/hasa.v40i2.1709