Drie Afrikaans biografieë onder die loep. S.J. du Toit van die Paarl (1847-1911), V.E. D'Assonville : book review Leipoldt : 'n lewensverhaal, J.C. Kannemeyer : book review N.P. van Wyk Louw : 'n lewensverhaal, J.C. Steyn : book review

Authors

  • Pieter De Klerk

DOI:

https://doi.org/10.17159/hasa.v46i1.1633

Abstract

Die biografie is ‘n belangrike vorm van geskiedskrywing. Daarom is dit jammer dat daar in die afgelope paar dekades min we tenskaplike biografieë in Afrikaans verskyn het. Die werke van O.J.O. Ferreira oor Stephanus Schoeman en J.C. Brits oor Tielman Roos is nog voor 1980 gepubliseer. Twee meer resente studies is dié van E. Truter oor Rachel Isabella Steyn (1997) en A. van Wyk oor Dirk Mudge (1999). Dan is daar ook Karel Schoeman se biografiese studies oor Olive Schreiner (1989), Susanna Smit (1995) en Machtelt Smit (1997). Van die beste resente biografieë in Afrikaans is nie deur vakhistorici geskryf nie. Onder hierdie boeke tel, naas Schoeman se werke, die letterkundige en literatuurhistorikus J.C. Kannemeyer se lywige biografieë van D.J. Opperman (1986), C.J. Langenhoven (1995) en, tans, C. Louis Leipoldt, wat almal op deeglike navorsing gegrond is. Hierby kan nou ook die bio grafie van N.P. van Wyk Louw deur J.C. Steyn, taalkundige en kultuurhistorikus, gevoeg word. Dit is naas Hancock se Smuts biografie waarskynlik die mees omvattende werk wat nog oor ‘n Suid -Afrikaner geskryf is. Vermeldenswaardig is ook die resente werk van die kerkhistorikus V.E. d’Assonville oor S.J. du Toit.

Downloads

Published

2021-06-16

Issue

Section

Book Reviews

How to Cite

Drie Afrikaans biografieë onder die loep. S.J. du Toit van die Paarl (1847-1911), V.E. D’Assonville : book review Leipoldt : ’n lewensverhaal, J.C. Kannemeyer : book review N.P. van Wyk Louw : ’n lewensverhaal, J.C. Steyn : book review. (2021). Historia, 46(1). https://doi.org/10.17159/hasa.v46i1.1633