Afrikaners en geskiedenis in die 21e eeu

Authors

  • Prof. Julie Parle

DOI:

https://doi.org/10.17159/hasa.v46i1.1630

Keywords:

Afrikaners en geskiedenis, 21e eeu, Geskiedenis op skool, Cyber archives, Kuberargiewer, History at school, Afrikaners and history

Abstract

Daar bestaan wye konsensus dat die Suid-Afrikaanse samelewing sedert 1994 ‘n ongekende proses van omvangryke verandering ondergaan het. Die oorskakeling na ‘n veelrassige demokratiese bestel het op alle vlakke van die samelewing ‘n daadwerklike effek gehad. Die impak van politieke omskakeling het veral Afrikaners geraak. Die geestelike trauma wat deur die verlies van mag meegebring is, het ‘n geestesgesteldheid, veral onder blanke Afrikaanssprekende Suid-Afrikaners, tot gevolg gehad waarin daar na die wese van dinge gevra is.Polities is daar sedertdien aanpassings gemaak en wegbeweeg van kuddedenke. Op die sosio-kulturele vlak het Afrikaners ook vir hulself begin dink. Daar is minder staat gemaak op die voorskriftelikheid en meer binne die raamwerk van selfstandige denke gefunksioneer. Selfs op die ekonomiese terrein het Afrikaanssprekendes begin om vir hulself ‘n nuwe toekoms en materiële heil uit te werk as ondernemers in ‘n milieu waarin inligtingstegnologie en glo balisering faktore van deurslaggewende belang geword het.

Downloads

Published

2021-06-16

Issue

Section

Editorial

How to Cite