Die VOC-tydperk as navorsingsterrein vir historici

Authors

  • PIETER KAPP

DOI:

https://doi.org/10.17159/hasa.v46i2.1625

Abstract

Die VOC-tydperk as navorsingsterrein vir historici Die artikel bied 'n oorsig van die omvang, aard, en tematiek van ernstige historiese navorsing oor die kompanjietyd sedert die tagtigerjare van die neëntiende eeu. Die vroeë belangstelling van Nederlandse professore en studente onder hulle leiding, dui aan hoe dat navorsing aanvanklik aan die Universiteit Stellenbosch heelwat aandag geniet het. Teen die laat veertigerjare het hierdie belangstelling na die Suid-Afrikaanse geskiedenis van die neëntiende eeu verskuif. Aan ander universiteite was daar beperkte belangstelling in die kompanjietyd. Die situasie het in die laat jare sewentig begin verander toe aan die Universiteit van Wes-Kaapland 'n nuwe belangstelling in die vroeë geskiedenis van die aanraking tussen die koloniste en die Khoi ontstaan het, asook oor die besondere aard van slawerny aan die Kaap. Die sosiale en ekonomiese invloed ii.van slawerny het ook die aandag van navorsers aan die Universiteit van Kaapstad getrek. In dié tydperk verskyn dan ook 'n reeks nuwe studies oor sosiale verhoudinge aan die Kaap waarin die klem veral gelê word op die mate van sosiale kontak en integrasie wat wel aan die Kaap ontwikkel het. Hierdie studies staan sterk onder die invloed van veral Amerikaanse voorbeelde en 'n aantal Amerikaanse navorsers het hulle ook op Kaapse kompanjietemas toegespits. Die jongste doktorale studie van Ad Biewenga aan die Vrye Universiteit in Amsterdam herondersoek heelwat van die kwessies wat in navorsing aandag gekry het.

Downloads

Published

2021-06-16

Issue

Section

Articles

How to Cite

Die VOC-tydperk as navorsingsterrein vir historici. (2021). Historia, 46(2). https://doi.org/10.17159/hasa.v46i2.1625