Keurig versorgde herinneringskrif. Verwoerd : só onthou ons hom, Wilhelm J. Verwoerd (samesteller) : book review

Authors

  • Pieter De Klerk

DOI:

https://doi.org/10.17159/hasa.v46i2.1619

Abstract

Hierdie boek met bydraes deur 26 persone wat Suid-Afrika se eerste minister van 1958 tot 1966, dr. H.F. Verwoerd, persoonlik geken het, is uitgegee om saam te val met die honderdste herdenking van sy geboorte dag (8 September 1901). Verwoerd se oudste seun, Wilhelm Verwoerd, het die inisiatief geneem met die samestelling van die bundel en die meeste van die bydraes is onderhoude wat deur hom op band opgeneem en geredigeer is. Die inleidende hoofstuk, deur die Port Elizabethse historikus H.O. Terblanche, bevat ‘n biografiese skets van ongeveer 20 bladsye. Daarna volg daar ‘n afdeling met bydraes deur Verwoerd se familielede, naamlik sy suster, eggenote en sewe kinders. Afdeling twee bevat tien hoofstukke met herinneringe van persone wat op politieke vlak of as staatsamptenare met Verwoerd saam gewerk het, onder wie bekendes soos oudminister S.P. Botha, adv. D.P. de Villiers en prof. W.A. Kleynhans. In die laaste afdeling word sewe bydraes saam gevat van mense wat op meer persoonlike vlak met hom kontak gehad het, soos die sangeres Mimi Coertse, die privaatsekretarisse Fred Barnard en Annatjie Boshoff, en W.A. Dyason, hoof van die huishouding by Groote Schuur.

Downloads

Published

2021-06-16

Issue

Section

Book Reviews

How to Cite

Keurig versorgde herinneringskrif. Verwoerd : só onthou ons hom, Wilhelm J. Verwoerd (samesteller) : book review. (2021). Historia, 46(2). https://doi.org/10.17159/hasa.v46i2.1619