Insigte oor die nuutste tendense. Modern historiography : an Introduction, Michael Bentley : book review

Authors

  • Louis Grundlingh

DOI:

https://doi.org/10.17159/hasa.v46i2.1618

Abstract

‘n Studie van Westerse historiografie verskaf die geleentheid vir beide die amateur sowel as die professionele historikus om die belangrikste tendense en verteenwoordigers van daardie tendense te bestudeer. Deur ‘n studie van historiografie, verkry die historikus dus nie net insig in die dinamika van die dissipline nie, maar ook hoe interpretasies van die verlede oor tyd gevorm en verander het. Terwyl dié belangrike benadering tot historiese studies wêreldwyderken word, is die literatuur daarooregter uiters spesifiek. Bronne oor Marxistiese historiografie of oor die geskiedskrywing oor vroue is vry algemeen. Daar is egter ‘n tekort in algemene historiografiese werke. Skrywers soos Ernst Breisach, George Iggers en Peter Burke het in ‘n sekere mate in hul publikasies die leemte gevul het, maar daar is steeds groot ruimte vir addisionele literatuur oor die onderwerp – veral om ook as teksboeke te gebruik.

Downloads

Published

2021-06-16

Issue

Section

Book Reviews

How to Cite

Insigte oor die nuutste tendense. Modern historiography : an Introduction, Michael Bentley : book review. (2021). Historia, 46(2). https://doi.org/10.17159/hasa.v46i2.1618