Inspirasie vir leergierige ABO-leser. Encyclopedia of the Boer War 1899-1902, Martin F. Marix Evans : book review

Authors

  • Pieter L. Moller

DOI:

https://doi.org/10.17159/hasa.v46i2.1615

Keywords:

Anglo Boereoorlog

Abstract

Hierdie is ‘n waardevolle werk, veral nou na die driejaarlange herdenking van die Anglo Boereoorlog, omdat die algemene publiek begin belangstel het in gebeure tydens die oorlog. Die grootste waarde van hierdie omvattende werk,wat met reg ‘n ensiklopedie genoemword, is daarin geleë dat die leser op ‘n baie maklike wyse toegang verkry tot die feitelike gebeure tydens die Anglo Boereoorlog. Inligting is maklik verkrygbaar deur na die A-Z teksverwysing te kyk of alternatief deur kern woorde te vind wat duidelik uitstaan in ‘n kronologie wat in die begin van die werk aangebied word. By hierdie kronologie word aspekte wat meer breedvoerig in die boek bespreek word duidelik aangedui. Die bronverwysing wat telkens aangebied word is van groot waarde en lei die leser om baie meer inligting te bekom deur ook ander bronne te raadpleeg. Ek ervaar tog ‘n leemte ten opsigte van die bronne wat na verwys word. Slegs enkele bronne van Suid-Afrikaanse oorsprong is gebruik. Daar word wel herhaaldelik verwys na werke deur Fransjohan Pretoruis. Deurgaans word verwys na Britseskrywers. Die skrywer voer wel aan in sy voorwoord dat hy onderhoude gevoer het met talle Suid-Afrikaners. Hy verwys byvoorbeeld geensins na ‘n omvattende en gesaghebbende Suid Afrikaanse bron soos J.H. Breytenbach se “die geskiedenis van die Tweede Vryheidsoorlog in Suid-Afrika” nie.

Downloads

Published

2021-06-16

Issue

Section

Book Reviews

How to Cite

Inspirasie vir leergierige ABO-leser. Encyclopedia of the Boer War 1899-1902, Martin F. Marix Evans : book review. (2021). Historia, 46(2). https://doi.org/10.17159/hasa.v46i2.1615