Die relevansie van historiese insig

Authors

  • Prof. Julie Parle,

DOI:

https://doi.org/10.17159/hasa.v46i2.1606

Abstract

Historiese insig is geneig om buite ngewoon relevant op die mees onverwagte tye te wees. Die skielike ineenstorting van die ideologiese verdeling tussen oos en wes in 1989 is ‘n goeie voorbeeld. Terwyl die gebeure plaasgevind het, was historici op die voorpunt met die formulering van waardevolle insigte wat opkousale historiese verbande gebaseer was. Ons wil graag dink dat hulle aan persepsies gestalte gegee het oor die brawe nuwe wêreld wat ons besig was om te betree. Sedert 1989 het substantiewe veranderinge plaasgevind. Dit is egter redelik om te aanvaar dat die gebeure van 11 September 2001 sedertdien seker een van die mees betekenisgewende historiese tendense blootgelê het. Die aanvalle op die World Trade Centre in New York en die Pentagon in Washington, binne die bestek van ‘n uur (tussen 14:40 en 15:40Suid-Afrikaanse tyd) het ‘n nuwe era ingelui. Omdat die gebeure miskien so onlangs plaasgevind het, kan historicitans weer weer eens (soos in 1989) net die implikasies oorpeins. Ten einde die formulering van historiese idees to stimuleer – en ook die waarde van eietydse geskiedenis te beklemtoon – publiseer die redaksie van Historiain hierdie uitgawe ‘n opstel van prof. Walter A. McDougall, ‘n gerespekteerde diplomatieke historikus van die Universiteit van Pennsylvania wat elektronies in Wire1 deur die Foreign Policy Institute in die Verenigde State van Amerika vir ‘n groep spesialiste gepubliseer is. Hy skryf as akademikus en Amerikaanse burger. Sy perspektief, veral as historikus, is van besonder belang vir ons. Hy maak ‘n aantal insiggewende stellings wat besinning regverdig.

Downloads

Published

2021-06-16

Issue

Section

Editorial