Die twee staatshistorici oorlede : Dr. J.H. Breytenbach en Kol. dr. Jan Ploeger
DOI:
https://doi.org/10.17159/hasa.v39i1.1568Abstract
Suid-Afrika het weinig staatshistorici gehad. In die Z.A. Republiek was daar o.a. G.A. Odé en dr. J.W.G. van Oordt, in die Kaap dr. G. McCall Theal en in die moderne tyd Gustav Preller sedert sy uittrede uit die koerantwêreld in 1936. Die Nasionale Party-regering wie se politieke stryd teen die Engelse element sterk op die historiese herinnering gesteun het, het groot waarde aan Afrikanergeskiedenis geheg, en in 'n soort ongeskrewe bondgenootskap met die historici verkeer. Volksfeeste en volksmonumente is begunstig, ook die geskiedskrywing.