Die VOC, wins en verlies: ‘n perspektief vanuit 2002

Authors

  • WILLEM CRUYWAGEN

DOI:

https://doi.org/10.17159/hasa.v47i1.1556

Abstract

"The main strength of Holland was derived from the ocean, from whose destructive grasp she had wrestled herself, but in whose friendly embrace she remained." Hierdie beskrywing deur John Motley gee 'n opsomming van die kernrede vir die bestaan van Holland. Holland was een van Europa se vooraanstaande handelsnasies. Die handel van die kontinent in goedere wat van die Ooste gekom het, is deur die Hollanders behartig. Hulle was ook die leiers in die vissery en skeepsbou. Met die tostandkoming van die VOC in 1602 was die handel met Oos-Indië weinig meer as 'n gewone praktyk. Wat nuut was, is die feit dat 'n handelsryk gevestig is. Vir sowat 'n eeu was die dividende hoog, maar die koste van oorloë, onwettige handel, wanbestuur en aggressiewe Britse mededinging het die maatskappy uitgeput sodat dit in 1795 verplig was om te sluit. Die oorblywende bates en laste is toe deur die staat oorgeneem. In die geskiedenis van hierdie onderneming is insiggewende perspektiewe opgesluit wat in 2002 steeds relevant is. 

Downloads

Published

2021-06-16

Issue

Section

Articles

How to Cite

Die VOC, wins en verlies: ‘n perspektief vanuit 2002. (2021). Historia, 47(1). https://doi.org/10.17159/hasa.v47i1.1556