Die VOC-nedersetting aan die Kaap die Goeie Hoop se betrokkenheid by die lande van die westelike Indiese oseaan, 1652-1700

Authors

  • C. De Wet

DOI:

https://doi.org/10.17159/hasa.v47i1.1555

Abstract

Die stigting van die Vereenigde Oostindische Compagnie se aanvullingstasie aan die Kaap die Goeie Hoop het nie onmiddellik resultate opgelewer nie en vir die grootste gedeelte van die 17de eeu was die pos nie in staat om in die behoeftes van die nedersetting en besoekende vlote te voorsien nie. Daarom is die moontlikheid van handelsbetrekkinge met die ooskus van Afrika en die eilande van die westelike Indiese Oseaan ondersoek. Die belangrikste oogmerk was om die Engelse, Portugese en Franse as handelskonkurrente in die westelike Indiese Oseaan uit te skakel, en om die inheemse bevolking as handelsvennote te bekom deur die teenstanders as onbetroubaar voor te stel . Hierdie strategie het gedeeltelik geslaag en die Kaap het redelike uitgebreide handelsbetrekkinge met Madagaskar, Mauritius en Mosambiek opgebou. Gedurende die 17de eeu het die Kompanjie geen ander betrekkinge met die westelike Indiese Oseaan onderhou nie. Afgesien van Mauritius, is geen handelsposte elders in die gebied gestig nie, terwyl geen militêre veldtogte onderneem is om enige land te onderwerp nie. Geen pogings is aangewend om hulle tot die Christendom te bekeer of die Nederlandse taal en kultuur te bevorder nie. Die hoofoogmerk was om 'n belangrike handelsmoontheid in iv.die westelike Indiese Oseaan te word deur die Europese mededingers uit te skakel.

Downloads

Published

2021-06-16

Issue

Section

Articles

How to Cite

Die VOC-nedersetting aan die Kaap die Goeie Hoop se betrokkenheid by die lande van die westelike Indiese oseaan, 1652-1700. (2021). Historia, 47(1). https://doi.org/10.17159/hasa.v47i1.1555