Tendense in populêre werke oor Suid-Afrikaanse rugby,1948-1995: ’n Historiografiese studie

Authors

  • Wouter de Wet

DOI:

https://doi.org/10.17159/2309-8392/2016/v61n1a9

Keywords:

Suid-Afrika, twintigste eeu, rugby, historiografie, sport, Springbokke, sportboikot, South Africa, twentieth century, historiography, sports boycotts

Abstract

Afrikaans

Die hervatting van internasionale rugby na die Tweede Wêreldoorlog het nuwe belangstelling onder rugby ondersteuners wêreldwyd gekweek. Tientalle populêre rugbyboeke het in die daaropvolgende jare in Suid-Afrika verskyn en rugby het een van die land se grootste sporte geword. Rugbyboeke het algemene items op Suid-Afrikaanse boekrakke geword. Hierdie artikel stel ondersoek in na die ontwikkeling van tendense in populêre Suid-Afrikaanse rugbygeskiedskrywing tussen 1948 en 1995. Tendense word geïdentifiseer en binne kontekstuele verband nagevolg deur middel van ’n noukeurige studie van die inhoud en stilistiese aspekte van die boeke. Daar word gekyk na wat in populêre rugbyboeke geskryf is, hoe daar geskryf is, en gevra waarom daar so geskryf is. Dit word duidelik dat hierdie tendense deur die veranderende politieke- en sosiale landskap van die twintigste eeu beïnvloed is. Die polities gemotiveerde betogings teen die Springbokke op oorsese toere, die uiteindelike internasionale sportboikot van die Springbokke, asook die koms van televisie in 1976 het elk ’n merkbare impak op Suid-Afrikaanse rugbygeskiedskrywing gehad.

 

 

 

English

The resumption of international rugby after the Second World War sparked a renewed interest in sport among supporters worldwide. In South Africa dozens of popular rugby books were published in subsequent years and rugby grew to be one of the country’s biggest sports. These rugby books became popular items on the South African bookshelf. This article investigates the tendencies in popular South African rugby historiography. Trends are identified in the changing political context from 1948 to 1995 and studied by means of an in-depth analysis of their content and stylistic aspects. Questions relating to what was written in popular rugby books, how it was written, as well as why it was written, are explored. It becomes apparent that these trends were influenced by the changing socio-political landscape of twentiethcentury South Africa. The politically motivated protests against the Springboks on tours overseas, the eventual boycott of the Springboks and the introduction of television to the country in 1976 all had a noticeable influence on popular South African rugby historiography. 

Downloads

Published

2021-05-07

Issue

Section

Articles

How to Cite

Tendense in populêre werke oor Suid-Afrikaanse rugby,1948-1995: ’n Historiografiese studie. (2021). Historia, 61(1). https://doi.org/10.17159/2309-8392/2016/v61n1a9